GLOBALPAWS-LOGO1

Travel Route – Johannesburg to Mauritius
Shipment date – 10 December 2019

Hallo Marinda

 

Ek laat weet net die kieties het veilig opgedaag 😊 Ek het hulle vanoggend by die kwarantyn ontmoet toe hulle arriveer. Hulle is ok, bietjie verward en gestres, maar dis te verwagte en ek’s seker hulle sal ok wees. Ek kan darem elke dag gaan kuier.

 

Ek wil ‘n enorme dankie sê vir jou en alles wat jy gedoen het. Ek weet julle doen dit elke dag, maar ek het regtig nooit die gevoel gehad dat dit net jou werk is nie, en het veilig gevoel dat die proses in goeie hande is. Ek het jou waarskynlik mal gemaak met al die vrae en vra om verskoning, maar dis die enigste manier hoe ek my ‘sanity’ kon behou. Dit was ‘n lang 8 maande proses en ek het gevoel ons gaan nooit by hierdie punt uitkom nie. Riaan sê ook dankie, en het spesifiek ook genoem dat Jacques baie behulpsaam was.

 

Ek sal Global Paws, en veral vir jou, duisend keer aanbeveel. Dankie ook dat jy my in kontak geplaas het met Hanna – sy was ‘n ster en ek is so bly dat ek haar eerder as die aanvanklike agent gebruik het.

 

Alles van die beste en ‘n baie gesëende Kersfees en feesseisoen.

 

Groete

Ronel